Soechoi Su-57

Su-57 Felon
'n Soechoi Su-57 in vlug by die MAKS-2011-lugskou
Tipe Lugsuperioriteit, multirol-sluipvegter
Vervaardiger Сухой (Soechoi) / OAK (Komsomolsk-on-Amur Aircraft Production Association)
Ontwerp deur Alexander Davidenko[1]
Nooiensvlug 29 Januarie 2010[2]
Vrygestel 25 Desember 2020[3]
Status Onder ontwikkeling
Hoofgebruikers Russiese Lugmag
Russiese Vloot[4]
Vervaardig 2009–hede
Aantal gebou 11 (10 toets en 1 serie)[5] teen 2019.
Programkoste VS$8–10 miljard (2009 beraming.)[6]
Eenheidskoste VS$42 miljoen[7]
Weergawes Sukhoi/HAL FGFA (vir Indië)

Die Soechoi Su-57 (Russies: Сухой Су-57; onbevestigde NAVO verslagdoening naam: Felon)[8] is 'n verskuilbare, enkelsitplek, tweelingenjin multirol vyfde-generasie gevegvliegtuig wat sedert 2002 ontwikkel word vir Russiese lugsuperioriteit en aanvalsoperasies.[9] Die vliegtuig is die produk van die PAK FA, 'n vyfde generasie vegvliegtuigprogram van die Russiese Lugmag. Soechoi se interne naam vir die vliegtuig is T-50. Die Su-57 is beplan om die eerste vliegtuig in Russiese militêre diens te wees wat sluiptegnologie gebruik. Sy nooiensvlug is op 29 Januarie 2010 onderneem en die eerste produksievliegtuie is in 2020 afgelewer.[10]

Die vegter is ontwerp om superkruisspoed, supermanuvreurbaarheid, verskuiling en gevorderde avionika te hê om die vorige generasie vegvliegtuie, sowel as grond- en seeverdediging te oorkom.[11][12] Die Su-57 is bestem om die MiG-29 en Su-27 in die Russiese Lugmag te vervang.[13]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Т-50-Eng — Page 3
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named 1st
  3. "Russia nets a special Su-57 fighter jet for Christmas". Asiatimes. 27 Desember 2020.
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named RMN
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aantal
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named prog_cost
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named e_cost
  8. "NATO assigns new reporting name for Su-57 5th generation jet fighter". ruaviation.com. 1 November 2019. Besoek op 2 November 2019.
  9. "Russia's 5th-generation fighter jet named as Su-57". TASS (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2017. Besoek op 11 Augustus 2017.
  10. https://thediplomat.com/2019/12/despite-su-57-crash-russia-plans-for-mass-delivery-of-new-fighter-jet-in-2020/
  11. "Т-50-2 fighter aircraft made the flight to Akhtubinsk". Persberig. 21 Februarie 2014. Archived from the original on 27 April 2014. https://web.archive.org/web/20140427020021/http://www.sukhoi.org/eng/news/company/?id=5386. Besoek op 5 Maart 2014. 
  12. "Sukhoi Company launches flight tests of PAK FA advanced tactical frontline fighter". Persberig. 29 Januarie 2010. Archived from the original on 1 Mei 2011. https://web.archive.org/web/20110501030735/http://sukhoi.org/eng/news/company/?id=3143. Besoek op 26 Januarie 2011. 
  13. Cohen, Ariel (16 Januarie 2009). "Russia bets on new Sukhoi fighter to match F-35". United Press International. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2010. Besoek op 11 Januarie 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search